• Carol Whitcher
    Augustus 17, 2026 om 6:42 nm

    Ek kan Immergroen Tuisversorging heelhartig aanbeveel aan enigeen wat tuisversorging benodig. Babsie en haar personeel lewer professionele diens uit die hart uit. Hulle bied versorging met deernis, respek, geduld en baie liefde. Babsie en haar personeel loop baie ekstra myle vir hul kliënte en hul kliënte se familie. Ek is dankbaar dat Babsie en haar span na my ouers kon omsien – dit was ‘n voorreg!

    Algehele Gradering

    Diens

    Gehalte

    Waarde

    Betroubaarheid

  • Annerien de Wet
    Augustus 18, 2026 om 5:21 nm

    Ek beveel Immergroen met vertroue aan. Hulle het albei my ouers tot aan die einde met respek, liefde en geduld versorg. Jy kan nie vir beter vra nie.

    Algehele Gradering

    Diens

    Gehalte

    Waarde

    Betroubaarheid

  • Anita Hanekom
    Augustus 20, 2026 om 11:41 vm

    Na my eie poging met 3 versorgers misluk het, het ek op Babsie afgekom en ek kyk nie terug nie. Ek het ‘n gestremde kind en ‘n versorger is by ons gepas volgens ons behoefte. Maar ons werk met mense en almal ervaar krisississe. As ‘n versorger egter ‘n krisis het, reël sy ‘n plaasvervanging vir ‘n dag, week of hoe lank jy dit nodig het. Uif sorteer sy uit, asook enige krisis met diensure of werkverwante probleme. En sy glimlag altyd. Ek kyk nie terug nie.

    Algehele Gradering

    Diens

    Gehalte

    Waarde

    Betroubaarheid

Voeg ’n resensie by